Swart Vrydag: Kyk mooi na voedsel-etikette

Die buurland se departement van gesondheid maan verbruikers om ekstra versigtig te wees, veral wanneer hulle voedselprodukte koop vandag op Swart Vrydag. Die departement se woordvoerder, Foster Mohale, sê dit is belangrik vir verbruikers om te waak teen die aankoop van vervalste én verouderde kosse, deur voedsel-etikette en vervaldatums deeglik na te gaan. Hy sê dit is belangrik om kwaliteit en veiligheid bó kwantiteit en besparings te stel.