Gaza-konflik is tameletjie vir Hollywood

Die konflik in die Midde-Ooste polariseer die wêreld en daar is talle protestaksies of pro-Palestina of pro-Israel wat daagliks die nuus haal. En in Hollywood kom dit ook voor, soos onlangs in New York waar duisende teen Israel geprotesteer het met talle bekendes aanwesig, insluitend aktrise Susan Sarandon.

Maar, sommige meen dat vir Hollywood-akteurs, kan die kwessie ‘n tameletjie word. Akteurs wat ter ondersteuning van Palestina kommentaar lewer kan volgens verskeie kenners hulle loopbane in gedrang plaas as gevolg van die sterk Joodse invloed en aandeelhouding in die reuse rolprent studio’s in die bedryf.