Moslems in Holland is senuagtig

Moslems in Nederland sê hulle vrees vir die toekoms nadat die ver-regse anti-Islamitiese Geert Wilders se party die meeste setels ingepalm het in Woensdag se verkiesing. Hy het Islam vroeër beskryf as ‘n vertraagde kultuur en agterlike godsdiens. Die Kontakliggaam vir Moslems en Regering sê hulle het nie verwag die party met ‘n program in stryd met die basiese beginsels van die regsorde sal so goed vaar nie. Die Partij voor Vrijheid het nou 35 setels, wat beteken hy het ander partye nodig om minstens 76 van die 150 setels te behaal om ‘n koalisieregering te vorm.