Saftu sê SARB se beleid is beperkend

Die Suid-Afrikaanse federasie van vakbonde, Saftu, sê hy is teleurgesteld dat die Suid-Afrikaanse Reserwebank voortgaan met ʼn beperkende monetêre beleid. Die bank se monetêre beleidskomitee het die terugkoopkoers onveranderd op 8,25 persent gehou wat die prima uitleenkoers op 11,75 persent laat. Saftu se nasionale woordvoerder, Trevor Shaku, sê ʼn beperkende monetêre beleid benadeel groeivooruitsigte en raak die werkersklas meer as enige ander afdeling van die ekonomie: