Openbare geweld na messtekery in Dublin
Die Ierse Justisie-departement het die oproer veroordeel wat in Dublin se middestad uitgebreek het ná ʼn mesaanval buite ʼn skool. ʼn Vyfjarige meisie, ʼn vrou in haar dertigs en ʼn man in sy vyftigs het ernstige beserings opgedoen. Die polisie het ʼn 40-jarige man in verband met die aanval in hegtenis geneem. Gewelddadige onluste het daarna uitgebreek waar voertuie aan die brand gesteek en winkels geplunder is. Die minister van Justisie, Helen McEntee, het die tonele as onaanvaarbaar beskryf en gesê ʼn skurkagtige en manipulerende element moenie toegelaat word om ʼn tragedie te gebruik om chaos te veroorsaak nie.