Karas-infrastruktuur is onder druk

Die goewerneur van die Karas-streek Aletha Frederick sê die streek begin tekorte aan ventilators ervaar en lykshuise is ook onder druk. Die gesondheidsministerie se jongste Covid-syfers toon dat daar 31 nuwe gevalle in die streek aangemeld is met 29 pasiënte wat in die hospitaal behandel word. Volgens Frederick is daar ander pasiënte in gesondheidsfasiliteite in die streek wat ook suurstof-behandeling nodig het en daarom die druk op die stelsel. Sy sê dat een pasiënt ongeveer 9,5 kilogram suurstof, ten koste van 1 600 Namibiese dollar, daagliks benodig. Die streek het ook net kapasiteit vir 27 in lykshuise en sy het ‘n beroep op families gedoen om spoedig hulle geliefdes te begrawe.