Steenhuisen dien klag in teen Ramaphosa

Die DA-leier, John Steenhuisen, het ‘n formele klagte by die Menseregtekommissie ingedien teen president Cyril Ramaphosa. Dit is weens die sentrale rol wat hy volgens die DA gespeel het om die land se huidige verwoestende werklikheid te bewerkstellig, met byna 5 miljoen van Suid-Afrika se kinders wat honger ly. Steenhuisen sê volgens die jongste Stand van die Suid-Afrikaanse Kind-verslag deur die Nelson Mandela-kinderfonds ly 4,8 miljoen van die land se 20 miljoen kinders honger.