Bafana Bafana stel Broos teleur

Sokker: Bafana Bafana se afrigter, Hugo Broos, het sy teleurstelling uitgespreek oor sy span se vertoning teen Rwanda in Butare in hulle kwalifiseringswedstryd vir die 2026-wêreldbeker. Rwanda wat 140ste in die wêreld is, het ʼn ongekende oorwinning behaal in hulle heel eerste wedstryd teen Suid-Afrika. Hulle is nou eerste in Groep C en het ‘n einde gebring aan Bafana Bafana se lopie van 12 agtereenvolgende onoorwonne wedstryde. Broos sê hulle nederlaag kan nie net aan die uitdagende veldtoestande toegeskryf word nie.