Kabeldiefstal word wesenlike probleem in Tshwane

Die Stad Tshwane het die vinnige optrede van metropolisiebeamptes geloof nadat gemeenskapslede van Soshanguve-Suid se uitbreiding vier aangemeld het dat slote gegrawe en die stad se kabels gesteel word. Die metropolisie het sy kabeldiefstaleenheid ontplooi om ondersoek in te stel. Die voorsitter van die stad se Artikel 79-oorsigkomitee vir Gemeenskapsveiligheid, Thabang Sebotsane, sê met hulle aankoms in die gebied het die slootgrawers met vuurwapens op hulle losgebrand: