Droogteverligting sluit stedelike gebiede in

Die kantoor van die eerste minister het ‘n droogtehulpprogram van stapel gestuur wat van 1 Oktober vanjaar tot Junie volgende jaar van krag is. Die regering sal meer as 900 miljoen Namibiese dollar bestee aan ‘n voedselverligtingsprogram, landbou-ondersteuning en watervoorsiening om te verseker dat Namibiërs die naderende droë seisoen kan trotseer. Volgens die eerste minister, Saara Kuugongelwa-Amadhila, ervaar stedelike inwoners ook ‘n hoë koers van armoede, daarom strek die droogtehulp verder as bestaansboerdery.