Quinton behaal elftal by IKR

Quinton de Kock is die enigste Suid-Afrikaner in die Wêreldbeker-elftal wat die Internasionale Krieketraad na afloop van die toernooi aangewys het. Hy het 594 lopies bygedra, insluitend vier honderdtalle. Die Protea-snelbouler Gerald Coetzee is as twaalfde man aangewys. Daar is ses spelers van die gasheer, Indië, wat in die eindstryd teen Australië verloor het: Rohit Sharma, Virat Kohli, KL Rahul, Ravindra Jadeja, Jasprit Bumrah en Mohammed Shami. Die ander is Adam Zampa en Glenn Maxwell van Australië, Daryl Mitchell van Nieu-Seeland en Dilshan Madushanka van Sri Lanka.