‘n Nuwe pilgrootte toestel lewensreddend

‘n Nuwe pilgrootte toestel wat lewensreddende lewenstekens van binne die maag kan monitor, slaag die eerste menslike proewe suksesvol.

Die inneembare toestel is so ontwerp dat dit lewenstekens soos asemhaling en hartklop van binne die liggaam kan monitor en data na ‘n eksterne toestel soos ‘n skootrekenaar kan oordra.

Professor Giovanni Traverso, ‘n gastroënteroloog by Brigham and Women’s Hospital in Massachusetts, sê: “Die maag bied oor die algemeen van die beste seine, hoofsaaklik omdat dit naby die hart en die longe is.”

Die vermoë om ‘n diagnose te fasiliteer en baie toestande te monitor sonder om na ‘n hospitaal te gaan, kan pasiënte makliker toegang tot gesondheidsorg bied en behandeling ondersteun.

Professor Traverso sê die huidige weergawe van die VM-pil gaan binne ongeveer ‘n dag deur die liggaam, maar daar is veranderinge wat navorsers in die toekoms aan die toestel kan maak wat dit sal toelaat om langer in die liggaam te bly vir langtermyn monitering.

Foto: Daily Mail