Saara sê oor voedselsekuriteit

Die nuutste kosprys-indeks van die Verenigde Nasies se Voedsel- en Landbou Organisasie sê 33 Afrika-lande, insluitend Namibië, het hulp van buite nodig om genoeg kos aan die bevolking te verskaf. Die organisasie voorsien dat sowat 695 000 Namibiërs tussen nou en Maart volgende jaar akute voedselonsekerheid in die gesig sal staar. Inflasiekoerse sal ook na verwagting hoog bly, wat beteken huishoudings sal minder geld hê om op kos te spandeer. Die eerste minister, Saara Kuugongelwa-Amadhila, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die regering se planne om voedsel-onsekerheid te takel, bo en behalwe die droogtehulp-program.