Namcor werk aan omkeer strategie vir sy finansiële posisie
Plaaslike media berig dat Augusta Energy in die Verenigde Arabiese Emirate dreig om olie voorraad van Namcor oor te neem indien ‘n rekening van 176 miljoen Namibiese dollar nie teen volgende week vereffen is nie. Volgens die berigte, skuld Namcor vier petroleum verskaffers 1,9 miljard Namibiese dollar. Die maatskappy verwag ook volgens die berigte dat die regering ‘n reddingsboei aan hom uitbetaal. Die maatskappy se woordvoerder Paulo Coelho sê hulle werk aan ‘n omkeer strategie om die kwessies aan te spreek.