Behuising wankel, lewering is ver onder vraag

Ongeveer 26 000 mense is tans op die waglys vir behuising in die noorde van Namibië,. Dit is volgens Gisbertus Mukulu, uitvoerende hoof van die Nasionale Behuisingsonderneming. Hy voeg by die totale waglys oorskry 100 000 aansoekers. Mukulu het beken dat die onderneming nie voldoen aan die vraag na behuising nie, maar dat hy sy bes doen. Tot op hede het die Nasionale Behuisingsonderneming 18 000 huise landwyd gebou. Meer as 3 000 van hierdie huise is deur die Massa-behuisingsprogram oorhandig nadat die organisasie die mandaat gekry het om ten volle aan die program deel te neem. Hy sê dat 505 huise in Swakopmund in aanbou is. Hiervan is 111 huise voltooi, terwyl die bou van die oorblywende 394 aan die gang is.