Veediefstal ruk handuit, uitdagings vir voorkoming vererger

Daar is nie minder as ses voorvalle van veediefstal en stropery deur die Namibiese polisie aangemeld in die weeklikse misdaadverslag. Die misdaad ruk handuit en grondeienaars sit met hul hande in hul hare. Tussen Mei 2021 en Mei 2022 is 2 400 gevalle van veediefstal gerapporteer, net meer as ses daagliks. Kosmos 94.1 Nuus het by Christiaan Swartbooi van Gibeon se operasionele komitee teen veediefstal aangeklop om by hom te hoor hoe kyk die stand van sake in die suide.