Menzies swoeg voort in hoërhof

Die hof-sage oor die vrag- en grondhanteringsdienste by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe duur voort. Menzies Aviation se aansoek teen sy uitsetting by die lughawe sonder dat ‘n geldige en wettige lasbrief van uitsetting verkry en uitgereik is ná die hofbevel op 8 Augustus, kom vandag voor regter Herman Oosthuizen. Die partye se stukke is alles reeds ingedien en die partye vra vir ‘n verhoordatum vir ‘n kondonasie aansoek deur Paragon. Hoofbetoë en argumente moet nog ingedien word.