Ooreenkoms oor Gaza-gyselaars binnekort verwag

Israel, die VSA en Hamas is volgens berigte op die punt om ‘n ooreenkoms te bereik wat tot die vrylating van tientalle gyselaars sal lei, in ruil vir ‘n vyf-dag lange onderbreking van gevegte. Druk op Israeliese premier Benjamin Netanyahu neem toe om ‘n ooreenkoms te bereik vir die veilige terugkeer van ongeveer 240 mense wat op die sewende Oktober deur Hamas ontvoer is, met meer as eenduisend wat in die aanval dood is. Die ooreenkoms kan lei tot ‘n groter vloei van humanitêre hulp na Gaza. Die Withuis sê daar is nog geen ooreenkoms nie, maar werk gaan voort om een te bewerkstellig.