16 Dae van Aktivisme in Namibië
Die 16 Dae van Aktivisme teen Geslagsgebaseerde Geweld is ‘n jaarlikse veldtog wat afskop op 25 November, die Internasionale Dag vir die Uitwissing van Geweld teen Vroue, en loop deur tot Internasionale Menseregtedag op 10 Desember. Die veldtog word deur die Verenigde Nasies ondersteun deur die sekretaris-generaal se UNiTE by 2030 to End Violence against Women inisiatief. Hierdie jaar vier die VN die 16 Dae-veldtog onder die tema “VERENIG! Belê om geweld teen vroue en meisies te voorkom”. Geweld teen vroue en meisies is die mees algemene menseregteskending regoor die wêreld. Kosmos 94.1 Nuus het met die geslagsaktivis Linda Baumann gepraat oor 16 dae van aktivisme in Namibië.