Kreefduik verander in tragedie
Die polisie aan die kus bevestig dat die 44-jarige Peter Johannes Schneider by Langstrand naby Walvisbaai verdrink het terwyl hy saam met ‘n vriend vir kreef geduik het. Volgens die polisieverslag was die mans sowat 75 meter die see in toe Schneider naby ‘n rotsagtige gedeelte begin duik het. Sy vriend het verder geswem en toe hy later omdraai kon hy hom nie sien nie. Die polisie- en vloot-duikers is ontbied en het sy lewelose ligaam uit die see gehaal. ‘n Nadoodse ondersoek sal gedoen word om vas te stel wat die verdrinking veroorsaak het. Die oorledene se naasbestaandes is in kennis gestel.