Desentraliseer sukkelende polisie: Afriforum

AfriForum vra die afwenteling van polisiemagte na die ontstellende misdaadstatistieke wat deur die polisie-minister, Bheki Cele, vrygestel is. Die organisasie kritiseer die leierskap van die Suid-Afrikaanse Polisiediens weens ‘n gebrek aan oplossings vir die daaglikse moorde en verwys na politieke inmenging, korrupsie en ontoereikende opleiding. ʼn Woordvoerder van AfriForum, Jacques Broodryk, sê die organisasie bepleit die desentralisering van polisiemagte na provinsies en streke, vir unieke strategieë om uiteenlopende misdade te bekamp. Broodryk dring aan op gemeenskapsbetrokkenheid vir verbeterde openbare veiligheid.