Oekraïense troepe steek Dnipro oor

Oekraïense troepe het ‘n reeks suksesvolle operasies op die oostelike oewer van die Dnipro-rivier uitgevoer, sê die land se weermag. Dit kom ná amptelike erkenning van Rusland en die Oekraïne vroeër die week dat die Oekraïne posisies aan die oostekant van die rivier gevestig het, wat die frontlinie in die suidooste van die land aandui. Troepe op die oostelike oewer is goeie nuus vir Kiev terwyl Rusland op die offensief langs ander dele van die front is. Die Oekraïense hoop is dat die vestiging van die posisies dit kan toelaat om voort te stoot na die Krim, wat Rusland in 2014 geannekseer het.