Swartrenoster vir jag geadverteer
Die omgewings- en toerisme-ministerie het in die Tender Bulletin ‘n tender geadverteer vir die jag van ‘n ou, nie-reproduktiewe swartrenoster bul. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die ministerie se woordvoerder, Romeo Muyunda, wat sê die renoster is aggressief en veroorsaak probleme. Dit is ook noodsaaklik dat ‘n maatskappy by die Namibiese Toerismeraad geregistreer moet wees om die renoster te kan jag.