Registreer om te kan stem, jeug!

#Not In My Name doen ‘n beroep op ander burgerregte-organisasies in Suid-Afrika om hul samewerking aan die regering te gee om bewusmaking te verhoog oor die belangrikheid van kiesersregistrasie. Dit volg namate die jeug-registrasieveldtogte voortduur voor die kiesersregistrasie-naweek. Die Verkiesingskommissie hou ‘n kiesersregistrasie-veldtog by sy 22 300 stempunte landwyd ter voorbereiding vir volgende jaar se provinsiale en nasionale verkiesing. Die organisasie se president, Siya Jentile, sê die jeug moet hul demokratiese reg uitoefen voor die verkiesing.