Strauss gesels oor Bulle se vertoning in VRK

Die Bulle en Edinburgh skop vanaand die naweek se Verenigde Rugbykampioenskaps-aksie in die Skotse hoofstad af. Terselfdertyd kom die Leeus teen die Ierse span Ulster te staan. Môre verwelkom die Haaie nog ‘n Ierse span, Connacht, in Durban, terwyl die Stormers ‘n weg-wedstryd teen Munster in Ierland het. Die Bulle is tans boaan die punteleer na drie oorwinnings uit vier wedstryde. Die Stormers is agtste na twee oorwinnings en twee nederlae. Die Leeus is twaalfde en die Haaie in die 16de en laaste plek. Willem Strauss, president van die Blou Bulle, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels…