Gift of the Givers sê Israel moet waai uit SA

Die Suid-Afrikaanse humanitêre organisasie Gift of the Givers bepleit die onmiddellike uitsetting van die Israelse ambassadeur in Suid-Afrika, Eliav Belotserkovsky, en die beëindiging van diplomatieke bande met die land. Dit volg op die dood van die kantoorhoof van die organisasie in Gaza, Ahmed Abbasi, wat saam met sy broer doodgeskiet is ná die oggendgebed. Volgens die organisasie is Abbasi doelbewus deur Israeliese magte geteiken. Stigter Imtiaz Sooliman eis Israel moet oorlogsvergoeding betaal om Gaza weer op te bou asook vergoeding vir elke enkele gesin wat hulle afgemaai het: