Donderstorms in SA ruk handuit, veroorsaak groot skade

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê die verhoogde waarskynlikheid van buitengewone weergebeurtenisse is heel waarskynlik die gevolg van klimaatsverandering. Volgens die bestuurder van Ramprisiko-vermindering, Tshepho Ngobeni, kan hierdie week se geïsoleerde voorvalle egter nie regstreeks aan klimaatsverandering toegeskryf word nie. Ngobeni sê dit is hartseer om te sien hoe mense verliese ly nadat ‘n donderstorm handuit geruk het en ‘n haelstorm in Gauteng en ‘n tornado in die Lekwa Plaaslike Munisipaliteit in Mpumalanga ontketen het: