Twee Tazaniërs vas vir N$1,1m se dagga

Die Namibiese polisie het twee Tanzaniese mans 51 kilometer buite Keetmanshoop op pad na Grunau in ‘n intelligensie-geleide operasie vasgetrek met 22 groot sakke skunk-dagga in hul voertuig. Die dagga het 22 kilogram geweeg en is sowat 1,1 miljoen Namibiese dollar werd. Volgens die polisie sal die verdagtes Maandag in die Keetmanshoop landdroshof verskyn en die ondersoek duur voort.