GIPF se biometriese verifikasies skop af

Die Staatsinstellings Pensioenfonds se biometriese verifikasieproses is tans aan die gang. Pensioenarisse, kinders en gadebegunstigdes landwyd word herinner om hul naaste fonds-kantoor onverwyld te besoek om die administrasie af te handel. Verifikasie, of bewys van lewe, op die biometriese stelsel is nodig om te verseker dat die fonds die regte begunstigdes betyds betaal. Lede word daaraan herinner dat hul biometriese inligting drie keer per jaar by ‘n kantoor van die vonds geverifieer kan word.