Hammanskraal se water moet soos Covid hanteer word

Die GOOD Party in Gauteng doen ʼn beroep op die burgemeester van Tshwane, Cilliers Brink, om die Hammanskraal-waterkrisis soos gesinsvergaderings te benader. Tydens Covid-19 het president Ramaphosa Suid-Afrikaners gereeld ingelig oor pogings om die pandemie te beveg. Die Openbare Beskermer Kholeka Gcaleka het bevind die Stad Tshwane slaag nie daarin om Hammanskraal-inwoners van skoon water te voorsien wat vir mense en diere geskik is nie. Sarah Mabotsa van die GOOD Party sê daar moet gereelde inligtingsessies oor die krisis wees: