Bedrog en die vakansie: Gevalle sal toeneem

Namate die jaar tot ‘n einde kom, herinner FNB bank-kliënte om waaksaam te bly vir bedrog wat hierdie tyd van die jaar toeneem. Swendelary wat bankrekenings teiken, word al hoe meer gesofistikeerd en meer wydverspreid. Ingrid Katjiukua, forensiese bestuurder by FNB Namibia sê sensitiewe inligting soos wagwoorde en PIN-nommers moet nooit bekend gemaak word nie…