Alcaraz hou hoop aan die gang in Turyn

Die Rus, Daniil Medvedev, het sy plek in die halfeindronde van die ATP-jaareindtoernooi in Turyn Italië, bespreek. Die voormalige kampioen het die tweemalige kampioen Alexander Zverev van Duitsland met 7-6 en 6-4 geklop. Die Spanjaard Carlos Alcaraz het intussen sy hoop op die halfeindronde lewend gehou toe hy Andrey Rublev van Rusland met 7-5 en 6-2 verslaan het in sy eerste oorwinning by dié seisoen se laaste toernooi. Hy het sy eerste wedstryd in die Rooi Groep teen Zverev verloor. Alcaraz erken elke wedstryd by die ATP-jaareindtoernooi is moeilik: