Twee babastortings in Havana

Die Khomas-polisie ondersoek ‘n saak van verberging van geboorte, alternatiewelik aborsie, nadat die liggaam van ‘n baba Sondag in ‘n vullisdrom in Havana gevind is. ‘n Verdagte is gearresteer nadat inligting bekom is en sy is na ‘n hospitaal geneem vir ‘n ondersoek. Daar word beweer dat die verdagte geboorte geskenk het aan ‘n lewelose seuntjie. Sy word by die Wanaheda polisiestasie aangehou en die ondersoek duur voort. Volgens adjudant-offisier Silas Shipandeni, met wie Kosmos 94.1 Nuus gepraat het oor die voorval, is nog ‘n baba-liggaampie in dieselfde area gevind en meer inligting sal weldra verskaf word.