Talent Factory – jy kan nog tot 16 Julie aansoek doen

Die Multichoice Talent Factory doen jaar na jaar ‘n beroep op Namibiërs wat ‘n loopbaan in die filmbedryf wil volg, om in te skryf vir ‘n beursprogram. Inskrywings het amptelik op 1 Junie 2021 geopen en is nou verleng tot 16 Julie vir belangstellendes om hul aanlyn-aansoeke in te dien. Die bestuurder van korporatiewe sake by MultiChoice Namibia, Levena Cloete, praat met Kosmos 94.1 Nuus.

Sy het die een jaar beursprogram sal by drie akademies in Afrika aangebied word, en die gekose Namibiese studente sal in Zambië opgelei word.