DA woedend oor hospitale se watersorge

Die DA in Gauteng sê 16 staatshospitale het vanjaar watertekorte ondervind, wat gelei het tot die afstel van 392 operasies. Die LUR vir Gesondheid en Welstand, Nomantu Nkomo-Ralehoko, het bevestig die Helen Joseph-hospitaal het tussen Maart en September sewe onderbrekings ervaar, en 36 operasies is afgestel. Jack Bloom van die DA sê die Edendale-hospitaal moes 117 operasies kanselleer weens sewe gevalle van lae druk of ‘n algehele gebrek aan watertoevoer, wat soms tot ‘n week geduur het.