Ruto wil 15 miljard bome teen 2032 plant

Klimaatsverandering is ‘n brandpunt, veral in Afrika waar gemeenskappe die duurste daarvoor betaal maar die minste daartoe bygedra het. In Kenia het inwoners swaar reën getrotseer om saailinge in Nairobi te plant nadat die regering sy pogings om 100 miljoen bome regoor die land te plant bekend gemaak het. President William Ruto het belowe om 15 miljard bome teen 2032 te plant in ‘n poging om Kenia se bosbedekking ‘n hupstoot te gee ná die ergste droogte wat die Horing van Afrika-streek in 40 jaar geteister het.