Plastiekbesoedeling onder die loep in Kenia
Afgevaardigdes van regoor die wêreld vergader in Nairobi, Kenia, vir belangrike samesprekings om die eerste wêreldwye verdrag wat oor die plastiekbesoedelingskrisis handel, te formuleer. Die ooreenkoms, wat teen volgende jaar gefinaliseer sal word, is gerig op die beëindiging van plastiekbesoedeling in oseane en die atmosfeer, insluitende die gevolge daarvan op mense en diere. Amerika, Saoedi-Arabië, Indië en China het in die verlede voorkeur gegee aan verbintenisse deur die staat, terwyl ander, insluitende Afrika, verbintenisse wêreldwyd verkies. Plastiekafval moet teen 2040 met 75 persent verminder om uitlatings te beperk. Die besprekings is veronderstel om Sondag af te sluit.