Telecom sal binnekort sê oor internetdiens
Dit is op die oomblik chaos vir Telecom Namibia-kliënte. Die maatskappy sê sy internet-dienste word onderbreek deur kabeldiefstal wat in Hochlandpark plaasgevind het. Hy sê op sy sosiale media dat die diefstal gelei het tot onderbrekings in verskeie gebiede wat dele van Windhoek raak, sowel as Katima Mulilo en Okahandja. Die maatskappy is tans besig om die kwessie op te los. Kosmos 94.1 Nuus het die uitvoerende hoof Stanley Shanapinda bereik en hy sê daar sal binnekort ‘n verklaring in die verband uitgereik word.