Kapofi beloof om N$2,5m van August 26 op te spoor

Die herrie is los in August 26, die kommersiële vertakking van die Namibiese weermag na die 2,5 miljoen Namibiese dollar wat oorbetaal is aan Penda Enterprises en gelei het tot die afdanking en bedanking van top-leierskap in die maatskappy. Penda sou blykbaar die geld gebruik het om militêre toerusting aan te skaf vir ‘n kontrak om die Ugandese regering van wapens te voorsien. Die adjunk-uitvoerende direkteur in die ministerie van verdediging, Petrus Nathinge is ook as voorsitter van die raad reeds in Junie verwyder nadat daar bevind is hy was deel van die transaksie. Nou sê die verdedigingsminister Frans Kapofi alles word in die stryd gewerp om die geld op te spoor wat reeds op 31 Julie vanjaar terugbetaal moes word. Die hele transaksie het wenkbroue laat lig omdat alles blykbaar konfidensieel gehou moes word.