Werker by oorslaapplek ‘deur werkgewer verkrag’

Die Namibiese polisie ondersoek ‘n verkragting-klagte nadat ‘n 34-jarige werker na bewering deur haar werkgewer by ‘n verblyf-fasiliteit in Karasburg na ‘n gastekamer gelok is, hy haar klere afgeskeur het en haar gedwing het om intiem met hom te verkeer. Volgens Adjunkkommissaris Nikodemus Mbango, Nampol se misdaad-ondersoeke koördineerder in die Karas-streek, het die werkgewer na die tyd die klaer 300 Namibiese dollar gegee. Die 68-jarige verdagte het glo ook twee weke gelede die klaer na ‘n toilet gevolg en haar sonder haar toestemming betas.  Die verdagte sal in die Karasburg-landdroshof verskyn op ‘n datum wat bevestig sal word.