Boere bou toep vir landelike misdaad

Die Namibiese Landbou-unie het kennis geneem van skerp stygings in landelike misdaad en wil ‘n omvattende databasis deur middel van ‘n gebruiksvriendelike selfoon-toepassing ontwikkel. Kunsmatige intelligensie sal benut word. In sy terugvoer oor dié kwellende kwessie het NLU-president, Thinus Pretorius namens die gesamentlike misdaadforum gesê data behels onder meer ‘n beskrywing van die misdaad en die monitering daarvan. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat. 

Die forum sal alle boere in die land dien, sowel as kommunale boere. Pretorius sê verder die databasis sal inligting soos herhaalde oortredings insluit. Hy voeg by daar word nou saam met die polisie gewerk.