Netumbo looi haar teenstanders

Swapo se visepresident, Netumbo Nandi-Ndaitwah, het haar kandidatuur as die party se presidensiële kandidaat verdedig. Nandi-Ndaitwah het by ‘n saamtrek in Windhoek aan partylede gesê dat sy verlede jaar behoorlik deur die partykongres saam met die Swapo-president, sekretaris-generaal, adjunk-sekretaris-generaal en lede van die sentrale komitee verkies is. Sy het egter sommige partylede in die Khomas-streek uitgesonder omdat hulle weier om haar benoeming as die presidentskandidaat van die party te aanvaar. Sy sê diegene wat anders dink is teen die grondwet. Hulle ondermyn die party en eenheid is van kritieke belang.