Noorde net so lekker vir vakansie
Die vakansie-gees is besig om by alle Namibiërs en toeriste pos te vat. Meeste vakansiegangers mik oor die fesseisoen na die koeler kusstreke, maar Kosmos 94.1 Nuus het gaan kyk hoeveel mense reis ook na die noordelike dele oor die Desember-rustyd. Die Ongwediva-dorpsraad se woordvoerder, Jackson Muma, sê die tydperk is steeds besig en die gasvryheid-bedryf doen goeie sake, veral met toeriste wat verder noord reis, soos na die Epupa-valle in Ruacana. Muma is aan die woord.