Saoedi-fondse vir Afrika

Die Saoedi-fonds vir ontwikkeling sal ooreenkomste ter waarde van 533 miljoen Amerikaanse dollar met Afrikalande onderteken, het die Saoedi-finansminister, Mohammed Al-Jadaan, tydens die Saoedi-Arabiese-Afrika-ekonomiese konferensie in Riaad gesê. Saoedi-beleggingsminister Khalid Al-Falih het op dieselfde konferensie gesê die koninkryk se welvaartfonds van meer as 700 miljard dollar, sal “spelveranderende” beleggings in Afrika maak. Prins Abdulaziz bin Salman, minister van energie, het voorlopige ooreenkomste met Afrika-lande, insluitend Nigerië, Senegal, Tsjad en Ethiopië, onderteken oor energieverwante samewerking.