Kaapstad bars uit sy nate

Die Stad Kaapstad sê hy verwag nog skerp toenames in sy bevolking in die komende dekades. Volgens die jongste sensus het Kaapstad se bevolking van sowat 3,7 miljoen in 2011 tot meer as 4,7 miljoen in 2022 toegeneem. Dit is ʼn styging van byna 28 persent oor tien jaar. Die burgemeesterskomiteelid vir ruimtelike beplanning, Eddie Andrews, sê hulle moet vooruit beplan omdat die eise van hierdie bevolkingsgroei druk gaan plaas op skaars hulpbronne soos dienste, infrastruktuur en grond wat ontwikkel kan word.