Hollywood-staking dalk vinnig verby

Sag-Aftra, die Amerikaanse vakbond wat sowat 160 000 akteurs verteenwoordig, het ʼn voorlopige ooreenkoms met die Alliance of Motion Picture and Television Producers bereik. Dit beëindig die staking van byna vier maande waar akteurs beter betaling en beskerming teen die gebruik van kunsmatige intelligensie geëis het. Sag-Aftra sê hy het groter as verwagte verhogings in minimum vergoeding bewerkstellig, asook ʼn bonus vir deelname aan eerste stromings, en ongekende voorsiening vir toestemming en vergoeding wat lede teen die bedreiging van K-I beskerm.