Dodelike vloede tref Somalië

Somalië se Nasionale Rampbestuurs-agentskap het bevestig minstens 29 mense is dood en meer as 300 000 het na veiligheid gevlug na onlangse oorstromings. Twee-duisend-400 inwoners van die dorp Luuq is afgesny nadat die Jubba-rivier afgekom het. Kenners skryf die ramp toe aan El Nino en die Indiese Oseaan-dipool wat oseaan-temperature beïnvloed en swaar reënval veroorsaak. Die situasie word vererger deur die voortgesette uitwerking van ‘n verwoestende droogte wat verlede jaar tot 43 000 lewens geëis het.