Puttoilette bly ‘n uitdaging
Die DA sê die basiese onderwys-departement se reaksie op die Nguvu Change se petisie om puttoilette in Limpopo, KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap te vervang, kom voor as taamlik onopreg. Die departement het vroeër die week voor die parlementêre komitee vir basiese onderwys verskyn waar hy onthul het meer as 3 000 skole landwyd gebruik nog puttoilette. Baxolile Nodada van die DA sê dis moeilik om te bepaal hoeveel skole gedwing word om nog puttoilette te gebruik.