Zondo kap korrupsie in buurland

Hoofregter Raymond Zondo sê die vlakke van korrupsie in Suid-Afrika het totaal onaanvaarbare hoogtes bereik. Hy het die nasionale adviesraad teen korrupsie se nasionale dialoog om ʼn korrupsievrye Suid-Afrika te bou, in Boksburg, Gauteng, toegespreek. Zondo sê dis kommerwekkend dat daar veral in staatsbeheerde instellings mense in posisies geplaas word waarvoor hulle nie ervaring of die nodige integriteit het nie.