‘Moenie net bestuurder straf vir swaar vrag’

Dit is onregverdig dat vragmotor-bestuurders alleen moet opdok as sy voertuig oorlaai is, sê vervoer-minister John Mutorwa, want daar is ander rolspelers ook. Hy het in die Nasionale Vergadering die Voertuigmassa-wetsontwerp gemotiveer en sê vier mense is by die laai van vrag betrokke. Hulle is die afsender, die operateur, die bestuurder en die ontvanger, en die bestuurder is eintlik die onskuldige party in ‘n oorlaai-scenario, maar word gestraf. Die wetsontwerp poog om die hele vervoer logistieke ketting wetlik aanspreeklik te hou vir oorlading.